In gesprek met Elzabé van den Heever1. Was hierdie nog altyd 'n droom vir jou om World Champs toe te gaan?
Vandat ek begin driekamp doen het in 2017 is dit vir my `n uitdaging om kompeterend in my ouderdomsgroep te wees. Ek wou baie graag in 2018 vir Worlds gekwalifiseer het aangesien dit in Suid Afrika was maar het dit toe met een plek gemis. Ek het wel die Worlds gaan kyk in PE om ons coach Magda Nieuwoudt en Trivium spanmaats Bruwer Smit en Marlise Robbertze te gaan ondersteun. Natuurlik het die droom om Worlds dan in Frankryk te kan gaan doen daar in my kop vasgesteek. Dit is `n wonderlike geleentheid en ek is baie dankbaar en opgewonde daaroor. 2. Wat was vir jou die grootste uitdaging op die dag van racing? Ek wou graag top 10 in my ouderdom eindig en het dit darem toe reg gekry. Die wind en die rowwer see het die dag se race nogal moeilik gemaak. Ek is bly ek kon steeds paces en doelwitte wat ek graag wou bereik op die dag steeds behaal. 3. Hoekom kies jy triathlon as 'n sport? Die afwisseling met die oefening is vir my baie lekker. Dis nie net bv. altyd hardloop hardloop en nog hardloop nie. As jou bene bv. harde bike of run week het dan is dit so lekker om `n goeie swemsessie te hê. Triathlon vat baie tyd, ja, maar dit word `n leefstyl en dit is vir my heerlik. 4. Wat motiveer jou? Om altyd net op te daag en aan te hou? My coach Magda en Trivium oefenmaats wat ek weet ook sal opdaag en die werk gedoen kry motiveer my baie. Dis lekker om deel van `n klub te wees en nie die werk altyd op jou eie hoef te doen nie. Opkomende races en die feit dat ek graag goed wil doen en verbeter tydens die races motiveer my ook. Ek vermoed wel ek is dalk effens verslaaf aan oefen, Dit laat my goed voel. Daar is niks beter as die gevoel na `n harde sessie nie. 5. Watter gedeelte van triathlon is vir jou die lekkerste? Openwater swimming en `n goeie run is my gunsteling! 6. Het jy al klaar enige planne vir worlds? Ek sal definitief net op al my paces wil verbeter. Ek moet hard werk aan my power op die bike. Ek is bly ek het nou dadelik so lekker uitdaging en mikpunt om my oefeing vir die jaar op te fokus. Ek en my coach sal nog mooi al die planne beraam. 7. Wie is Elzabe as sy nie triathlon doen nie? Wel kinders, kinders en kinders hou my besig.... My eie drie liewe kids (Juhné Gr 3, Ernst Gr 1 en jongste Anri nou amper 3 jaar oud) hou my as mamma besig genoeg. Dan ook nog `n klomp Graad 6 kinders wat my elke dag in die klas as Wiskunde onderwyser by Laerskool Hennopspark besig hou. Ek en my man Juran van den Heever hou daarvan om lekker goed saam te doen soos om te gaan kamp of `n lekker uiteet op sy tyd in te werk. Ons hou ook van rustige family time en net ontspan, swem en lekker kosmaak of braai by die huis. 8. Wat is jou gunstelling gels / produkte om te gebruik? Ek gebruik graag PVM se Octane en Reignite. 9. Met watter tekkies hardloop jy? Brooks Ghost11 10. Watter horlosie het jy? Garmin Fenix 5S 11. Watter fiets en wiele het jy? Ek het `n redelik basiese Merida road bike. Ek het die Oos London race met `n vriend se Trek Speed Concept gedoen met heerlike Zipp wheels. Ek beoog om iewers ook vir my `n nuwe TT bike te koop maar vir nou ry ek eers met die Trek.
1 Comment
|
AuthorsThis blog is written by the coach and athletes associated with Trivium. Categories
All
Archives
October 2022
|