DEUR LIONEL PIENAAR
Ek het nog altyd n droom gehad om die ysterman te doen. Ek het in 2015 met 'n 5150 in Germiston gedurende die swem gepanic en kon dit nie klaarmaak nie. Van daardie dag af het ek selfvertroue verloor en die swem het 'n baie groot ding geraak vir my. Verlede jaar het ek weer in Bela-Bela probeer. As dit nie was vir die feit dat ek in die dam kon staan nie sou ek dit weer nie klaargemaak het nie. My droom van die ysterman het ek gevoel was nie meer moontlik nie want swem is altyd deel daarvan. In Februarie 2017 het ek aangesluit by Trivium, nadat ek gevoel het ek gaan dit nog 'n laaste kans gee. 'n Vriend het my verwys na Magda toe. Ek het dadelik deel gevoel van die span en die program wat sy vir my gegee het saam met die guidance het veroorsaak dat ek in 'n kwessie van 2 maande nie meer bekommerd was of ek dit sal kan doen nie. Dit het eerder verander na hoe vining kan ek dit doen. Ek het siek geword en het vir omtrent 4 weke aan en af geoefen. Die week voor die SunCity Ultra het ek weer siek geword. Ek is nie seker of ek siek was van die stres of gestres het van die siekte nie. Tot op die Saterdag voor die race het ek gevoel ek gaan dit eerder nie doen nie want ek voel siek en nie reg nie. Ek het saam met my coach Magda besluit dat al doen ek net die swem, dit goeie voorbereiding sal wees vir Ysterman in Junie. Ek het die oggend van die race by die dam gestaan en gesien hoe almal wegspring wat die korter afstande doen. Die vrees het my weer begin pak en het op 'n stadium begin twyfel. Ek en Lloyd het by die boom gaan staan en bid. Voor ek kon sien was ek in die water. Ek het heel agter begin en rustig geswem aangesien dit my eerste swem sou wees. Ek het heeltyd gevoel ek swem stadig. Maar ek was ok daarmee want ek wou net klaarmaak. Toe ek uitklim het ek goed gevoel en op my gemak my fietsry klere begin aantrek. Ek het die eerste 45km op die fiets goed gevoel maar die tweede rondte het my rug en voet my erg begin pla. Ek het geweet my fiets was nie reg opgestel nie so dink dit was seker die groot rede vir dit. Ek het dit in net meer as drie ure klaargemaak, waarmee ek tevrede was. Ek het teen 'n goeie pace begin hardloop en het die eerste 5km goed gevoel. Die op en af van die roete wat ons gedoen het het my klaargemaak. Die eerste rondte was ok maar dit was nie die lekkerste gevoel om die rekkie te kry en te weet presies wat voor jou lê nie. Ek het geweet dat al loop ek die laaste 10km sal ek nogsteeds betyds klaarmaak dus het ek maar baie geloop en moes by een waterpunt die toiletgeriewe ook gebruik. Ek het nie 'n idee gehad wat die tyd was nie en was net tevrede om klaar te maak. Toe ek by die einde kom en sien ek het die 6ure met minder as 2 minute gemis was ek baie teleurgesteld, maar het besef dit was my eerste Ultra en het nog 'n dag voor die race nog getwyfel of ek dit enigsins sal kan doen. Ek is so dankbaar vir 'n awesome coach want sonder haar sou ek dit nie kon doen nie, en ek weet dat die Here my die krag gegee het om dit klaar te maak. Ek is van bang na opgewonde in een dag oor Durban wat voorlê. Dit is great om deel te wees van 'n groep met dieselfde passie as ek.
0 Comments
|
AuthorsThis blog is written by the coach and athletes associated with Trivium. Categories
All
Archives
October 2022
|