deur Marlise Robbertze Ek skryf toe weer in vir 2018 Ironman African Champs….dit was nou my 4de vol Ironman en soos ek dink elke atleet weet….as jy al ‘n sekere event gedoen het in jou lewe…en jy doen dit weer, en miskien weer….dan WIL jy elke keer beter vaar en NIE net meer deelneem nie. SÓ ek het vooraf my hoop geplaas om onder 11:30 die FINISH LINE oor te steek. Saterdag voor die race, was ek baie gestres dat ek heel moontlik ‘n maagvirus mag hê….al die simptome het begin kop uitsteek…en ek moet sê ek was amper nie meer lus vir die volgende dag se vreeslike race nie. Race-oggend…..was ek heel OK, maar het nie heeltemal gevoel of ek alles so in beheer het soos ek gewoonlik voor ‘n race voel nie. SWEM
De swem was heerlik, die water was so rustig met amper geen duinings nie. Gelukkig het ek redelik reguit geswem met ‘n tyd van 1:14:39. FIETS Ek was defnitief beter voorbereid as verlede jaar gewees, maar om my doelwit van sub 11:30 te bereik het ek gehoop om ten minste 15 min vinniger te ry as 2017…die eerste 45km was redelik goed en my gemiddelde spoed was 29 +km/h…maar die terug was die wind elke keer van voor en met die laaste lap was dit maar baie swaar. Ek was redelik moedeloos toe ek sien my fiets tyd was met paar sekondes STADIGER as 2017!! HARDLOOP Van die fiets na die hardloop het ek goed gevoel….my eerste paar kilometers was redelik vinnig maar ek het vooraf besluit ek gaan ‘n pace van 5:15 min p/km probeer handhaaf. So far so good…en ek kry weer nuwe moed elke keer as ek by my man en familie en my afrigter, Magda Nieuwoudt verby hardloop!!! Ek was so dankbaar toe Magda vir my so +- by 10km skreeu, dat ek gels moet inneem….ek het natuurlik toe niks by my nie….ek moet bieg…ek was ook glad nie lus vir ‘n gel gedurende die run nie. Die volgende “aid station” het geen gels gehad nie maar by die daaropvolgende stalletjie gryp ek sommer 2 en druk een in my rugsakkie. Dit was die beste OOIT. Ek het elke 20-30min ‘n gel geneem om my energievlakke reg te hou en net genoeg water geneem. My boud/hamstring spier het al in die eerste lap baie styf getrek en vir meer as 20km het ek swaar gekry om my linker been behoorlik te laat werk…dit was nogal seer. Ek het gedink my kans om 11:30 te breek was daarmee heen maar het maar nog gehardloop so hard ek kon om my tyd so naby daaraan te bring as moontlik… My liewe man, Nico en afrigter Magda het my op die laaste lap laat verstaan ek lê 8ste in my ouderdomsgroep en dat ek moontlik die 7de vrou kan inhaal…. By die laaste U-draai met nog so 8km oor, kyk ek op my horlosie na my TOTALE TYD en ek besef….dat as ek nou bietjie uithaal, kan ek onder 11:30 klaarmaak. Ek weet nie hoe of wat gebeur het nie….maar ALLE pyne het verdwyn en ek het die laaste 5 km onder 5min p/km gehardloop met die lekkerste ritme! Ek het gehardloop asof ek gaan wen, en ek het dit toe gemaak met ‘n eindtyd van 11:28:28!!! Dankbarheid, blydskap en soveel emosies het deur my gegaan, maar bo alles was dit defnitief my gebede deur die hele wedloop wat my deurgedra het en ek dank die Here vir die geleentheid wat ek gehad het asook vir gesondheid. 3 Dae later skakel ‘n dame van Ironman my en sê dat daar ‘n klein probleempie by die “slot allocation” was en dat ek gekwalifiseer het om aan die 2018 Ironman 70.3 World champs te kan deelneem en of ek die “slot” graag sal wil hê….. MY ANTWOORD WAS NATUURLIK ……………………JA!!!!!!!!!!!
1 Comment
|
AuthorsThis blog is written by the coach and athletes associated with Trivium. Categories
All
Archives
October 2022
|